2010-07-12 17:59:30 - by Johan du Toit
Lusahn Bullterriers bewys weereens hulle kwaliteit en CH Sakays Apophis of Lusahn, of Artus (ingevoer van Norwee ) soos hy by die huis geken word,  wen gedurende ‘n Alle Ras skou die groot prys van Best In Show  te 16 Junie te Brackenfell.   Hy stof al die rasse uit vanaf Toys, Pugs, Shepherds by ‘n alle rasse  skou.  Skoue het 7 groepe waarvan net die Terrier Groep bestaan uit 28 rasse en so skou kan tot 1000 honde op die dag kry.   Artus dra ook amptelike kroon van KUSA Nasionale Bullterrier vir 2 jaar in ‘n ry.
Lusahn is sinoniem met beide ons groot weergawe – die standaard asook die spesiale klein rebelle - die miniature.   Die rebelletjies is ‘n offisiele ras op sy eie ( soos Jack Russels) en nie klein standaard bullterriers nie. Hulle lyk egter dieselfde en het dieselfde persoonlikheid.  Lusahn het 6 minis ingevoer en is amptelik die enigste telers in SA.
Lusahn Bullterriers vernoem na grootouers se plaas op Caledon wat ons aan bullterriers se beter kant voorgestel het.     Gedurende twee jaar se verblyf in Nederland kom ons agter maar die oorsese bullterriers is mens en hond mak. Hulle is net gewone honde en ons voer toe in totaal 14 honde in.    Dit is die basis van Lusahn wat bekend staan vir sy temperament – al ons bullies loop saam insluitend  ons reuns – sien www.lusahn.co.za . 
Lusahn is ‘n geakkrediteerde teler en dis belangrik want ons wil die ras verbeter en dinge soos velprobleme, doofheid, hart en nier en temperament is omtrent nul in ons kennel. Mense noem ons honde die moffie bullies en ons is so trots daarop, want vir die bullterrier ras om te oorleef in die modern wereld moet ons absoluut mak hond teel.   Ons staan vir kwaliteit en sien onsself as professionele telers van skou kwaliteit bullterriers.
Koop eerder bullterrier by hoe klas teler wat gewoonlik waglys het as waar jy by agterplaas telers koop wat aan enige iemand sal verkoop selfs oor die pos. Agerplaas telers se grootste kenmerk is hulle het altyd puppies beskikbaar en geen waglys – ons is telers en nie tellers. Lusahn sal jou oornooi en gesels en dan saam besluit of julle reg is is bullie – bv jongmense kry eers julle kinders,   van dag 1 is reels vas in jou huis eenmaal op die bed dan altyd op die bed, kos tyd apart ens.   Hondjies op 7-8 weke het al persoonlikhede en ons kan die alleenhond, die pak hond of die mense honde uitken en so die regte honde by die regte gesin plaas.   Alleen hondjies bv moet bly by ander baie rustige honde of waar hy alleen aandag kry.    Ons nuwe aankomelinge het puppy kamer in die huis waar hulle tot 8 weke woon onder verwarmers ens . Ons glo dis daardie eerste 2 maande wat jou nuwe kampioen vorm en Lusahn gee hom die “headstart”.  
Ons is altyd beskikbaar vir enige advies en kennel ook honde wat ons self geteel het as julle met vakansie gaan – ons ken mos ons lyn se temperament so bring ons kleinkind terug om hier te kom kuier.
Lusahn het ook spesiale kos vervaardig vir hulle velle en hypo anti allergies is. Om op te som dis ‘n hoe kwaliteit teen billike prys wat alle eienaars ( dis vir alle honde ) kan voer om sy kind in top toestand te hou - kos is beskikbaar by Veeartse. Sien www.lusahn.co.za/dogfood of bel Johan en Stephenette by 022 485 7118.

0 Comment for "Some Achievement !!!!!"

Leave your comment:


Order Lusahn Dog Food

Bitch Ovulation Test Kit

Advertisements

Get Me Home

Helping your loved ones find their way home (www.getmehome.co.za)

Advertise with Lusahn

It's easy to set up a advertisement



Advertise | Legal | Contact | © 2012 Lusahn